NUUTSTE NUUS

LEES GERUS ONS NUUTSTE NUUS
WÊRELD REKORDPRYS VIR SYBOKHAAR

WÊRELD REKORDPRYS VIR SYBOKHAAR

geplaas op 14:15 (GMT+2) Wo., 09 Mei 2018

Vandeesweek se sybokhaar-veiling van Cape Mohair & Wool (CMW), vesel-afdeling van die OVK-groep van maatskappye, het uitstaande resultate gelewer.

PERSVRYSTELLING

WÊRELD REKORDPRYS VIR SYBOKHAAR

FOTO:  GAWIE en COENIE LATEGAN

Vandeesweek se sybokhaar-veiling van Cape Mohair & Wool (CMW), vesel-afdeling van die OVK-groep van maatskappye, het uitstaande resultate gelewer.

Op die amptelike veiling in die Sybokhaar Beurs in Port Elizabeth was  ‘n twee-jaar oue kategorie wêreldrekordprys vir grootbokhaar te midde van groot opgewondenheid  aan flarde toe die De Lateganskuil  Boerdery van Coenie en Gawie Lategan van die Aberdeen distrik  R322.00/kg vir die lot behaal het. Dit het die rekord van Richard Herold van Graaff-Reinet, opgestel in 2015,  met R2.00/kg verbygesteek. Die baal het 29.1mikron getoets, met ‘n skoonopbrengs van 86.3%.

 Pierre van der Vyver, Bestuurder van die sybokhaarafdeling by OVK,  berig dat hulle eweneens baie trots is op die CMW saamverpakkingsafdeling wat op dieselfde veiling ‘n vier-jaar oue wêreldrekordprys gebreek het. Die rekord-bedrag was R317,10/kg  vir gewone grootbokhaar. Hierdie baal het 30.1 mikron getoets, met ‘n skoonopbrengs van 87.5%. Beide lotte is deur  ‘n plaaslike verwerker  aangekoop.

 Die hoogste prys van die dag was R480.00/kg en het  gegaan aan Phlippie Retief van die Boksfontein Boerdery in die Murraysburg distrik. Hierdie prys is betaal vir ‘n goeie-styl baal van 21.9 mikron met ‘n 90.2% skoonopbrengs. Hierdie spesifieke baal is volgens die EGT proses (“Every Goat Tested”) voorberei.


Deel met vriende    



Korporatiewe Video

OVK Video
OVK Video
Lees Meer

Dokumente

Nuutste Dokumente
Nuutste Dokumente
Lees Meer

Kalender

Kalender
Kalender
Lees Meer

Tydskrif

OVK Nuus Junie 2018
OVK Nuus Junie 2018
Adverteer Hier Lees Meer