NUUTSTE NUUS

LEES GERUS ONS NUUTSTE NUUS
Mediaverklaring, 16 Oktober 2018

Mediaverklaring, 16 Oktober 2018

geplaas op 09:10 (GMT+2) Wo., 17 Okt. 2018

Die LUR vir Landbou en Landelike Ontwikkeling in die Vrystaat, Dr Benny Malakoane, het na sy tweede vergadering met die Besturende Direkteur van OVK, Stéfan Oberholzer, gesê die gesprekke vorm deel van hul strategie om die ekonomie te groei en voedse

16 Oktober 2018

Mediaverklaring

Die LUR vir Landbou en Landelike Ontwikkeling in die Vrystaat, Dr Benny Malakoane, het na sy tweede vergadering met die Besturende Direkteur van OVK, Stéfan Oberholzer, gesê die gesprekke vorm deel van hul strategie om die ekonomie te groei en voedselsekerheid te verseker. Tydens 'n perskonferensie na die samesprekings het die LUR verduidelik dat hulle relevante rolspelers geïdentifiseer het met wie hulle in vennootskap wil gaan. Die agri-maatskappye het die kundigheid en kennis van landbou en die LUR het gesê die doel is om in samewerking met hierdie maatskappye planne op die tafel te sit om die ekonomie te laat groei en volgehoue voedselsekerheid te verseker.

Tydens die eerste vergadering is verskeie punte bespreek en is besluit om terugvoering aan elkeen se Rade te gee en areas van samewerking te identifiseer. “Vandag se samesprekings was om 'n raamwerk te finaliseer wat in 'n ooreenkoms saamgevat kan word wat geteken sal word na goedkeuring van die Raad van Direkteure van OVK, wat moontlik veranderinge kan aanbring om die ooreenkoms prakties lewensvatbaar te maak.”

Volgens Dr Benny Malakoane is hierdie die eerste van soortgelyke ooreenkomste en het Stéfan Oberholzer gesê hy is baie positief oor die moontlikhede maar dat die belangrik is dat die ooreenkoms volhoubaar is en nie net in mooi woorde eindig nie.

Fotobyskrift:

Foto: Dr Benny Malakoane, LUR vir Landbou en Landelike Ontwikkeling in die Vrystaat en die Besturende Direkteur van OVK tydens die perskonferensie by OVK se hoofkantoor in Ladybrand..

Uitgereik

OVK Skakeling

Navrae

Malcolm Jafta , Hoofbestuurder: Korporatiewe Dienste

051 923 4512


Deel met vriende    



Korporatiewe Video

OVK Video
OVK Video
Lees Meer

Dokumente

Nuutste Dokumente
Nuutste Dokumente
Lees Meer

Kalender

Kalender
Kalender
Lees Meer

Tydskrif

OVK Nuus September 2018
OVK Nuus September 2018
Adverteer Hier Lees Meer