NUUTSTE NUUS

LEES GERUS ONS NUUTSTE NUUS
Agri Securitas Mediaverklaring

Agri Securitas Mediaverklaring

geplaas op 15:02 (GMT+2) Di., 20 Aug. 2019

“Die veiligheid van die boerderygemeenskap in Suid-Afrika is ‘n prioriteit vir die Agri Securitas Trustfonds.

Mediaverklaring

19 Augustus 2019

Boerderygemeenskap se veiligheid is prioriteit

“Die veiligheid van die boerderygemeenskap in Suid-Afrika is ‘n prioriteit vir die Agri Securitas Trustfonds. Daarom het die Trustfonds pas weer geld bewillig om nagenoeg 420 boere en 15 500 plaaswerkers regoor Suid-Afrika te help beveilig deur ‘n geldelike skenking van meer as R1,5 miljoen aan twaalf boereverenigings te bewillig vir die oprigting van kameranetwerke en die aankoop van veiligheidstoerusting”, sê Japie Grobler, voorsitter Agri Securitas Trustfonds.

“Die veiligheid van ons landbouers en plaaswerkers is belangrik en met die finansiële bydrae poog die Trustfonds om die bate wat verantwoordelik is vir stabiliteit en voedselsekerheid in die land te help beskerm. Die mate waartoe die landbougemeenskap onderworpe is aan gewelds- en eiendomsverwante misdade skep ‘n enorme probleem vir die sektor en daar moet daarvan kennis geneem word deur alle Suid-Afrikaners. Terselfdertyd moet daar ook ag geslaan word op die misdaadbedreiging van ander gemeenskappe in die land en die negatiewe implikasie wat dit op hulle reg tot veiligheid het”, sê Grobler.

Fondse is bewillig aan boereverenigings in die Noordwes-, Noord-Kaap-, Limpopo-, KwaZulu-Natal- en Wes-Kaap provinsie. Boereverenigings maak toenemend staat op die implementering van kamerastelsels wat aan hulle ‘n observasievermoë oor ‘n wye gebied verskaf. Met die stelsels kan verdagte voertuie en persone wat ‘n gebied betree geïdentifiseer word. Dit stel die gemeenskap dan in staat om vinnig te reageer en op te tree teen verdagte insidente.

Veediefstal is een van die grootste eiendomsverwagte misdade wat lede van die boereverenigings ervaar met groot finansiële verliese. Huisrowe is ‘n verdere misdaad, waaraan die landbougemeenskap blootgestel word, met die gepaardgaande traumatiese gevolge. Die diefstal en vernietiging van plaasinfrastruktuur en smokkelhandel is misdade waaraan die boerderygemeenskap toenemend blootgestel word. Daarom poog die Trustfonds, met ‘n bewese rekord en met die hulpbronne tot sy beskikking boerderygemeenskappe te help om hulleself te beskerm.

Grobler sluit af deur te sê dat, “die Trustfonds alle moontlike finansiële bydraes deur die korporatiewe- en privaatsektor sal waardeer om dit vir die fonds moontlik te maak om voort te gaan met sy werk, veral teen die agtergrond van die toenemende vraag na finansiële ondersteuning. Die Trustfonds bly ‘n neutrale en ideale platform om ‘n bydrae te maak tot die stryd teen landelike misdaad en die beveiliging van ons boerderygemeenskap”.

Navrae 

Japie Grobler

Agri Securitas Trustfonds voorsitter

S: 082 825 8018

Kobus Visser

Agri SA Beleidshoof van Sentrum van Uitnemendheid: Landelike Veiligheid

S: 082 388 0010




Deel met vriende    



Korporatiewe Video

OVK Korporatiewe Video 2019
OVK Korporatiewe Video 2019
Lees Meer

Dokumente

Nuutste Dokumente
Nuutste Dokumente
Lees Meer

Kalender

Kalender
Kalender
Lees Meer

Tydskrif

OVK Nuus Junie 2019
OVK Nuus Junie 2019
Adverteer Hier Lees Meer