Mark Verslae

LEES GERUS ONS NUUTSTE VERSLAE
SYBOKHAAR KAT / MOHAIR CAT S1706

SYBOKHAAR KAT / MOHAIR CAT S1706

geplaas op 07:51 (GMT+2) Wo., 24 Mei 2017

Die uitslag van die 6de sybokhaarveiling van die huidige 2017 somer verkoopsseisoen was heel bevredigend onder omstandighede. The results of the 6th mohair sale of 2017 summer selling season were good under circumstances.

As in aanmerking geneem word dat die Rand wisselkoers met 3% versterk het teenoor die VSA$ en daar nog steeds ‘n opwaartse momentum in prys was, was die die dag suksesvol. Dit is veroorsaak deur ‘n uitstekende kwaliteit aanbieding, met van die beste skeersels ter wêreld wat gekompeteer het, asook‘n aansienlike verbetering in aanvraag. Al die kopers het goed teen mekaar gekompeteer. Dit was dus geen verrassing toe daar ‘n nuwe seisoensrekord vir kleinbokkiehaar behaal is nie teen R440.00/kg! Die baal is aangebied deur Jan Lategan van Aberdeen. Dit was ‘n superstyl, 24.5 mikron baal. Die prys is behaal deur sy tweede beste baal. Sy beste baal is onttrek en ingeskryf vir die Ermenegildo Zegna kompetisie en veiling. Dit was ook die geval met die tweede hoogste prys van R410.00/kg vir ‘n baaltjie van Gay en Jordi van Hasselt van Prins Albert. Kleinbokkiehaar  styg met 1.2% met `n markaanwyser van R260.88/kg  en 99%  is verkoop, jongbokhaar is onveranderd met `n markaanwyser van R204.06/kg en `n verkoopspersentasie van  100%.  Grootbokhaar is onveranderd met `n markaanwyser van R174.47/kg en `n verkoopspersentasievan 100%. Dit het die totale verkoopsyfer op 99.8% te staan gebring met `n markaanwyser van R197.39 wat  `n styging  is van 0.3%.

The Rand strengthen with 3% against the USA$, but in spite of this, there was still an upward trend in price. This was caused by the excellent quality of mohair on offer and a substantial improvement in demand, especially from Europe. There were good competition between all the buyers. Some of the best clips in the world competed on this sale and it was no surprise that a new seasonal record price was established by the bale of Jan Lategan of the Aberdeen district. The price of R440.00/kg was paid for his second best summer kid bale of 24.5 micron, super style mohair! His best bale was withdrawn and entered for the Ermenegildo Zegna competition and sale in two weeks’ time. Thesame happened with the clip of Gay and Jordi van Hasselt, who fetched the second highest price of the day at R410.00/kg for their second best kid bale. The price of kids increased by 1.2% a market indicator of R260.88/kg and a 99% sale clearance; young goat hair  is unchanged with a market indicator of R204.06/kg and a sale clearance of 100%. Adult mohair  is unchanged with a market indicator of R174.47/kg and a sale clearance of 100%. This brought the overall sale clearance to 99.8% and the overall market indicator to R197.39 an increaseof 0.3%.


Kliek hier om die volle verslag te lees

Deel met vriende    



Vorige Verslae

WOL KAT / WOOL CAT CR022...


Lees Meer

SYBOKHAAR KAT / MOHAIR CAT S1801...


Lees Meer

WOL KAT / WOOL CAT CR021...


Lees Meer

WOL KAT / WOOL CAT CR20...


Lees Meer

WOL KAT / WOOL CAT CR19...


Lees Meer

WOL KAT / WOOL CAT CR18...


Lees Meer

WOL KAT / WOOL CAT CR17...


Lees Meer

WOL KAT / WOOL CAT CR16...


Lees Meer

Korporatiewe Video

OVK Video
OVK Video
Lees Meer

Dokumente

Nuutste Dokumente
Nuutste Dokumente
Lees Meer

Kalender

Kalender
Kalender
Lees Meer

Tydskrif

OVK Nuus Desember 2017
OVK Nuus Desember 2017
Adverteer Hier Lees Meer