Mark Verslae

LEES GERUS ONS NUUTSTE VERSLAE
SYBOKHAAR KAT / MOHAIR CAT W1715

SYBOKHAAR KAT / MOHAIR CAT W1715

geplaas op 18:01 (GMT+2) Di., 21 Nov. 2017

Die tweede laaste sybokhaarveiling van die winter verkoopsseisoen het baie positief afgeloop met ‘n almene prysstyging op alle tipes. The second last mohair sale of the winter selling season performed very well with a general increase in all types.

Kleinbokkiehaar  styg met  3.4% met `n markaanwyser van R283.59/kg en 100%  is verkoop;  jongbokhaar styg met 4.8% met `n markaanwyser van R245.77/kg en `n verkoopspersentasie van 100%.  Grootbokhaar styg met 4.7% met `n markaanwyser van R215.96/kg en `n verkoopspersentasie van 100%. Dit het die totale verkoopsyfer op 100% te staan gebring met `n markaanwyser van R235.23 wat `n  styging is van 4.5%.

MARKVOORUITSIG

Die huidige aanvraag vir sybokhaar is uitstekend. Dit word hoofsaaklik gedryf deur die binnelandse verbruik in Sjina. Dit is nogal ‘n pluimpie vir die bedryf wat die afgelope tyd baie geld en moeite gedoen het om daardie spesifieke mark te ontwikkel. Sjina was nog altyd bekend as ‘n verwerker van sybokhaar, maar nie ‘n verbruiker van eindprodukte nie. Daar is ook positiewe tekens in Italië dat die mark besig is om lewe te kry. Daar is slegs een veiling oor hierdie seisoen voor die groot Kersreses. Die aanbod op die veilinggaan aansienlik kleiner wees as normaal, hoofsaaklik toe te skryf aan die droogte en slegte weidingstoestande. Daar is dus geen rede hoekom die huidige prysvlakke nie gehandhaaf kan word nie, behalwe as daar ‘n groot beweging is in die wisselkoersvlakke. Die laaste veiling word in Port Elizabeth aangebied op 5 Desember 2017.

The price of kids increased by 3.4% a market indicator of R283.59/kg and a 100% sale clearance; young goat hair  increased by  4.8% with a market indicator of R245.77/kg and a sale clearance of 100%. Adult mohair increased by 4.7% with a market indicator of R215.96/kg and a sale clearance of 100%. This brought the overall sale clearance to 100% and the overall market indicator to R235.23 an increase of  4.5%.

MARKET OUTLOOK 

The current demand for mohair is excellent with the big drive from China. The demand for internal Chinese consumption is good. This result is quite satisfying for the industry, spending a lot of time and money to develop this market. The Chinese were always known as processors of mohair, but the consumption of the end product was minimal. There is also some good signs from Italy for a demand to develop. There is only one sale left for the season before the market close for the Christmas break. The last sale will also be substantially smaller than usual, caused by the drought and the bad growing conditions. There is no reason why this price level cannot be maintained for the last sale of the season, except if there is a major move in currency levels. The last sale of the season will be conducted in Port Elizabeth on 5 December 2017.

Kliek hier om die volle verslag te lees

Deel met vriende    



Vorige Verslae

WOL KAT / WOOL CAT CR022...


Lees Meer

SYBOKHAAR KAT / MOHAIR CAT S1801...


Lees Meer

WOL KAT / WOOL CAT CR021...


Lees Meer

WOL KAT / WOOL CAT CR20...


Lees Meer

WOL KAT / WOOL CAT CR19...


Lees Meer

WOL KAT / WOOL CAT CR18...


Lees Meer

WOL KAT / WOOL CAT CR17...


Lees Meer

WOL KAT / WOOL CAT CR16...


Lees Meer

Korporatiewe Video

OVK Video
OVK Video
Lees Meer

Dokumente

Nuutste Dokumente
Nuutste Dokumente
Lees Meer

Kalender

Kalender
Kalender
Lees Meer

Tydskrif

OVK Nuus Desember 2017
OVK Nuus Desember 2017
Adverteer Hier Lees Meer