Mark Verslae

LEES GERUS ONS NUUTSTE VERSLAE
SYBOKHAAR KAT / MOHAIR CAT S1807

SYBOKHAAR KAT / MOHAIR CAT S1807

geplaas op 07:38 (GMT+2) Wo., 27 Jun. 2018

‘n Nuwe rekord prysgemiddeld van R288.45/kg - die hoogste nog ooit! A new record average established for a sale at R288.45/kg. The best ever!

Die Sybokhaar 2018 somer verkoopsseisoen het amptelik tot ‘n einde gekom met die laasteveiling wat aangebied was. Die veiling het uitstekend verloop met ‘n nuwe rekord prysgemiddeld van R288.45/kg. Die hoogste nog ooit! Ongelukkig was hierdie seisoen nie net ‘n seisoen van hoogtepunte nie. Die uitmergelende droogte duur voort en dit gekoppel aan on-ingeligte politieke aanvalle op die bedryf. Die bedryf is egter ‘n bedryf van vasbyters en het teruggeveg met ‘n nuwe wêreldrekordprys vir somer kleinbokkiehaar teen R1 246.10/kg! Die kompitiesie baal van 25 mikron en 89.5% skoonopbrengs is aangebied deur Jordi en Gay van Hasselt van Prins Albert. Die prys is behaal op die amptelike Ermenegildo Zegna veiling. Die rekord is opgevolg deur nog ‘n wêreldrekordprys,toe die baal grootbokhaar (aangebied as winter jongbokke) van Charles Fitzhenry van Aberdeen verkoop het teen R360.00/kg! Die 28 mikron baal het ‘n skoonopbrengs van 95% gehad. ‘n EGT getoetsde CMW Pure Cape bin lot het ook ‘n wêreldrekordprys behaal vir gewone grootbokhaar teen R328.10/kg. Dit was vir ‘n 31 mikron baal met ‘n 89% skoonopbrengs. Dan laastens, maar nie die minste nie. Die skeersel van Charles Fitzhenry van Aberdeen het ook die rekord opgestel vir die beste algehele gemiddeld vir ‘n totale skeersel teen ‘n allemintige R404.66/kg!! Die skeersel het gemiddeld 25.9 mikron getoets.

Vandagse veilingsanalise is as volg:

Kleinbokkiehaar  styg met 4.2% met `n markaanwyser van R361.81/kg en 100%  is verkoop;  jongbokhaar styg met 1.8%  met `n markaanwyser van R292.24/kg en `n verkoopspersentasie van100%.  Grootbokhaar  styg met 4.1% met `n markaanwyser van R263.65/kg en `n verkoopspersentasie van 100%. Dit het die totale verkoopsyfer op 100% te staan gebring met `n markaanwyser van R288.45 wat  `n stygingis van  3.6%.

The mohair 2018 summer season officially closed with the last catalogue being auctioned. It went very well with a new record average established for a sale at R288.45/kg.The best ever! It was unfortunately not just good this season, with the crippling drought still not broken coupled with uninformed political attacks on the industry. This is however a vibrant industry and another milestone wasreached when a new world record price for a summer kid bale was established atthe official Ermenegildo Zegna sale. This 25 micron, 89.5% clean yield competition bale was sold for R1 246.10/kg!! The bale was offered by Jordiand Gay van Hasselt from Prince Albert. This was followed by a world recordprice for adult mohair (offered as winter young goats) at R360.00/kg! This 28micron bale with a clean yield of 95% was offered by Charles Fitzhenry from Aberdeen. Another world record was established for normal adults when one of the CMW Pure Cape bins sold for R328.10/kg! This EGT tested lot tested 31micron with an 89% clean yield. Lastly, a new record was set for a clip average on a complete clip delivered in one season. Charles Fitzhenry from the Aberdeen district average a mammoth R404.66/kg!! The average fineness of the clip was25.9 micron.  

Today's sales analysis is asfollows: 

The price of kids increased by  4.2% with a market indicator of R361.81/kg and a 100% sale clearance; young goat hair increased by 1.8%  with a market indicator of R292.24/kg and a sale clearance of 100%. Adult mohair  increased by 4.1%  with a market indicator of R263.65/kg and a sale clearance of 100%. This brought the overall  sale clearance to 100% and the overall market indicator to R288.45 which is an increase of 3.6%.

Kliek hier om die volle verslag te lees

Deel met vriende    



Vorige Verslae

SYBOKHAARMARKVERSLAG / MOHAIR MARKET REPORT...


Lees Meer

SYBOKHAAR KAT / MOHAIR CAT S1807...


Lees Meer

SYBOKHAAR KAT / MOHAIR CAT W1806...


Lees Meer

SYBOKHAAR KAT / MOHAIR CAT S1805...


Lees Meer

SYBOKHAAR KAT / MOHAIR CAT S1804...


Lees Meer

SYBOKHAAR KAT / MOHAIR CAT S1803...


Lees Meer

SYBOKHAAR KAT / MOHAIR CAT S1802...


Lees Meer

SYBOKHAAR KAT / MOHAIR CAT S1801...


Lees Meer

Korporatiewe Video

OVK Video
OVK Video
Lees Meer

Dokumente

Nuutste Dokumente
Nuutste Dokumente
Lees Meer

Kalender

Kalender
Kalender
Lees Meer

Tydskrif

OVK Nuus September 2018
OVK Nuus September 2018
Adverteer Hier Lees Meer