Mark Verslae

LEES GERUS ONS NUUTSTE VERSLAE
SYBOKHAARMARKVERSLAG / MOHAIR MARKET REPORT W1811

SYBOKHAARMARKVERSLAG / MOHAIR MARKET REPORT W1811

geplaas op 19:46 (GMT+2) Di., 04 Sep. 2018

In Randterme was dit die beste sybokhaarveiling nog ooit! / A best ever mohair sale in Rand terms!

Die tweede sybokhaarveiling van die 2018 winter verkoopseisoen het ‘n lekker skop van agter gekry met die dramatiese verswakking van die plaaslike geldeenheid teenoor al die groot geldeenhede van die buiteland. Dit, tesame met ‘n baie goeie aanvraag van alle kopershuise, het vuurwerke veroorsaak. In Randterme was dit die beste sybokhaarveiling nog ooit! Dit het die hoogste omset gelewer van net meer as R41 miljoen met die beste gemiddeld ooit van R308,29/kg.

Roelfie van der Merwe (Jnr) van Aberdeen het ‘n seisoensrekordprys vir winter kleinbokkies (Super styl, 25 mikron en 89.4% skoonopbrengs) behaal teen R539.00/kg! Willem Wagener van Willowmore het egter die kollig gesteel met twee wêreldrekordpryse vir onderskeidelik winter jongbokke (Super styl, 28 mikron en 84.2% skoonopbrengs) teen R390.10/kg en grootbokke (Goeie styl, 31 mikron en 83.5% skoonopbrengs) teen R368.10/kg! Willem se skeersel het ook in die 2018 somerseisoen die beste gemiddelde prys behaal.

Kleinbokkiehaar styg met 13,8% met `n markaanwyser van R377.10/kg  en 100%  is verkoop;  jongbokhaar styg met 14.9% met `n markaanwyser van R317,31/kg en `n verkoopspersentasie van 100%.  Grootbokhaar styg met 8.1%  met `n markaanwyser van R282,85kg en 100% verkope. Dit het die totale verkoopsyfer op 100% te staan gebring met `n markaanwyser van R308,29 wat styging van 10.7% is.

The second mohair sale of the 2018 winter selling season got a kick start with a dramatic weakening of the local currency against all the major overseas currencies. This, in combination with a good demand from all buyers, produced a best ever mohair sale in Rand terms! The biggest turnover of over R41 million Rand with the best average of R308,29/kg.
Roelfie van der Merwe (Jnr) from Aberdeen produced a seasonal record price for winter kids at R539.00/kg (Super style, 25 micron and 89.4% clean yield), but Willem Wagener from Willowmore stole the limelight with a world record price for winter young goats at R390.10/kg (Super style, 28 micron and 84.2% clean yield) and a world record price for adults at R368.10/kg (Good style, 31 micron and 83.5% clean yield)! Willem also achieved the best average price for adults in the 2018 summer season!

The price of kids increased by 13,8%  a market indicator of R377,10/kg and a 100% sale clearance; young goat hair also increased by 14,9% and a market indicator of R317,31/kg and a sale clearance of 100%. Adult mohair increased by 8,1% with a market indicator of R282,85/kg  and 100% sold. This brought the overall sale clearance to 100% and the overall market indicator to R308,29 which is an 10,7% increase.


Kliek hier om die volle verslag te lees

Deel met vriende    



Vorige Verslae

SYBOKHAARMARKVERSLAG / MOHAIR MARKET REPORT...


Lees Meer

SYBOKHAAR KAT / MOHAIR CAT S1807...


Lees Meer

SYBOKHAAR KAT / MOHAIR CAT W1806...


Lees Meer

SYBOKHAAR KAT / MOHAIR CAT S1805...


Lees Meer

SYBOKHAAR KAT / MOHAIR CAT S1804...


Lees Meer

SYBOKHAAR KAT / MOHAIR CAT S1803...


Lees Meer

SYBOKHAAR KAT / MOHAIR CAT S1802...


Lees Meer

SYBOKHAAR KAT / MOHAIR CAT S1801...


Lees Meer

Korporatiewe Video

OVK Video
OVK Video
Lees Meer

Dokumente

Nuutste Dokumente
Nuutste Dokumente
Lees Meer

Kalender

Kalender
Kalender
Lees Meer

Tydskrif

OVK Nuus September 2018
OVK Nuus September 2018
Adverteer Hier Lees Meer