Mark Verslae

LEES GERUS ONS NUUTSTE VERSLAE
SYBOKHAARMARKVERSLAG / MOHAIR MARKET REPORT W1816

SYBOKHAARMARKVERSLAG / MOHAIR MARKET REPORT W1816

geplaas op 20:14 (GMT+2) Di., 04 Des. 2018

Die sewende en laaste sybokhaarveiling van die 2018 winter verkoopseisoen het bevredigend gepresteer / The seventh and last mohair sale of the 2018 winter selling season performed satisfactory

MARKANALISE

Die sewende en laaste sybokhaarveiling van die 2018 winter verkoopseisoen het bevredigend gepresteer onder omstandighede. Daar is op die vorige verslag breedvoerig bespreek hoe die ewige veranderde wisselkoers-skommelings die bedryf benadeel. Vandag het die Rand weer eens bykans 4% versterk teenoor die VSA$!  Die mark het egter gelukkig slegs 2.3% gedaal. Die aanvraag na veral kleinbokkiehaar, was uitstekend onder die moeilike omstandighede. Die beste prys van die dag het gegaan aan Charles Fitzhenry van Aberdeen teen R510.00/kg! Dit vir ‘n goeie styl, 24 mikron, B-lengte en 85% skoonopbrengs winter kleinbokkie baal.

Vandag se veilingsanalise is as volg:  Kleinbokkiehaar styg met 1.1% met `n markaanwyser van R381,96/kg  en 100%  is verkoop;  jongbokhaar daal met 3.9% met `n markaanwyser van R291,91/kg en `n verkooppersentasie van 100%.  Grootbokhaar daal met 3,3% met `n markaanwyser van R246,68/kg en 100% verkoop. Dit het die totale verkope op 100% te staan gebring met `n markaanwyser van R282,35/kg wat 'n daling van 2.3% is.

MARKVOORSIG

Dit is nog ‘n baie lang tyd voordat die somer 2019 verkoopseisoen afskop in Februarie. Baie dinge kan gebeur en dit is byna onmoontlik om te skat waar die wissekoers gaan wees (Daar is baie voorspellings wat dui op ‘n verder versterking van die Rand). Een ding is seker: Die aanvraag na die fyner gedeelte van die skeersel is aan die toeneem. Dit is dus belangrik om fynhede akkuraat te bepaal in die skeersel. Die kwaliteit en voorbereiding speel ook ‘n kardinale rol. Onthou om net voorgeskryfde dipmiddels te gebruik wat goedgekeur is deur die bedryf se volhoubaarheidsriglyne. Maak ook seker dat jou skeersel volhoubaar geregistreer is in die bedryf, want dit gaan ‘n groot prysbepaler word. Die sybokhaarafdeling se gebede gaan ook uit na die boere wat steeds gebuk gaan onder die vernietigende droogte. Die sybokhaarspan wens almal in die sybokhaarbedryf ‘n vreugdevolle en nat vakansie toe in die tyd wat ons die geboorte van ons Heer gedenk. Die eerste veiling van 2019 word in Port Elizabeth aangebied op 12 Februarie 2019.  So berig  Pierre van der Vyver, Bestuurder: Sybokhaar.


MARKET ANALYSIS

The seventh and last mohair sale of the 2018 winter selling season performed satisfactory under circumstances. We discussed the effect of the ever-dramatic swings of the Rand exchange rate on the previous sale report. On this sale the Rand strengthened by nearly 4% against the USA$! As explained it is the constant changing that is the big negative. We were fortunate that the average price only came down by 2.3%. The demand for kid mohair continuous to strengthen under these difficult circumstances. The best price of the day went to Charles Fitzhenry of Aberdeen at R510.00/kg! This for a good style, 24-micron, B-length and 85% clean yield winter kid bale.

Today's sales analysis is as follows The price of kids increased by 1,1% with a market indicator of R381,96/kg and a 100% sale clearance; young goat hair decreased by 3,9% with a market indicator of R291,91/kg and a sale clearance of 100%. Adult mohair decreased by 3,3% with a market indicator of R246,68/kg  and 100% sold. This brought the overall sale clearance to 100% and the overall market indicator to R282,35/kg which is a decrease of 2,3%

MARKET OUTLOOK

It is still a very long way before the 2019 summer season kick off in February. A lot of things can still happen and it is very difficult to gauge where the exchange rate will be (A lot of forecasts indicates a further strengthening of the Rand). One thing is certain: The demand for the finer mohair is on the increase and it is always worth your while to identify fineness correctly. The quality and presentation of the clip also plays a crucial role. Remember to dip animals with the prescribed dips cleared by the sustainability guidelines of the industry. Make sure that your clip is certified sustainable, it will be a very big factor in the future. The mohair department prayers go out to the farmers who are still battling this devastating drought. Our mohair team wish everybody in the mohair trade a peaceful and rainy holiday in this time of dedication to the Lord almighty. The first sale of 2019 will be offered in Port Elizabeth on the 12th of February 2019. So reported by Pierre van der Vyver, Manager : Mohair.

Kliek hier om die volle verslag te lees

Deel met vriende    



Vorige Verslae

SYBOKHAARMARKVERSLAG / MOHAIR MARKET REPORT...


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG / MOHAIR MARKET REPORT...


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG / MOHAIR MARKET REPORT...


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG / MOHAIR MARKET REPORT...


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG / MOHAIR MARKET REPORT...


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG / MOHAIR MARKET REPORT...


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG / MOHAIR MARKET REPORT...


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG / MOHAIR MARKET REPORT...


Lees Meer

Korporatiewe Video

OVK Video
OVK Video
Lees Meer

Dokumente

Nuutste Dokumente
Nuutste Dokumente
Lees Meer

Kalender

Kalender
Kalender
Lees Meer

Tydskrif

OVK Nuus Junie 2019
OVK Nuus Junie 2019
Adverteer Hier Lees Meer