Mark Verslae

LEES GERUS ONS NUUTSTE VERSLAE
SYBOKHAARMARKVERSLAG / MOHAIR MARKET REPORT S1903

SYBOKHAARMARKVERSLAG / MOHAIR MARKET REPORT S1903

geplaas op 20:07 (GMT+2) Di., 19 Mrt. 2019

Die hoogtepunte van vandag se veiling was die uitstekende aanvraag na goeie gehalte kleinbokkies / The highlight on today's sale was the good competition on the top end kids

MARKANALISE

Die 3de sybokhaarveiling van die 2019 somer verkoopseisoen, was die eerste groot aanbieding van die seisoen en die prysbeweging in die verskillende kwaliteite het kans gekry om te vestig. Die kompetisie tussen kopershuise was nog steeds uitstekend met goeie kompetisie op elke lot. Die enigste teleurstelling van die dag was die afwaartse druk wat op sterk grootbokhaar plaasgevind het, ten spyte van die die verswakking van die Rand. Die hoogtepunte was egter die uitstekende aanvraag vir goeie gehalte kleinbokkies vanaf Europa en dan het hierdie veiling ook die rekord gebreek met die hoogste gemiddeld ooit, teen R322.24/kg! Die seisoensrekord vir kleinbokkies is verskeie kere gebreek gedurende die verloop van die veiling, maar die B-lengte, goeie styl, 22.7 mikron, 86.6% skoonopbrengs, somer kleinbokkiebaal van Stefan Steynberg, Aberdeen, het met die louere weggestap teen R612.00/kg!

Vandag se veilingsanalise is as volg :   Kleinbokkiehaar styg met 2.5% met `n markaanwyser van R426,02/kg  en 98%  is verkoop;  jongbokhaar daal met 2.6% met `n markaanwyser van R315.57/kg en `n verkoopspersentasie van 99%. Grootbokhaar daal met 4% met `n markaanwyser van R236.87/kg en 75% verkoop. Dit het die totale verkope op 96% te staan gebring met `n markaanwyser van R289.84/kg wat 'n daling van 2% is.

VOORUITSIGTE

Die volgende veiling gaan selfs groter wees. Beide veilingsmakelaars was gedwing om die ontvangste vroeër te sluit, om te verhoed dat die veiling te groot word om te voorkom dat daar afwaartse druk kom as gevolg van te veel volume. Hierdie situasie is natuurlik net tydelik, want daar word nie ‘n toename in produksie verwag nie. Die teendeel word verwag met die droogte wat nog steeds voortwoed. Ten spyte van die tydelike toename in ontvangstes, is daar tans vergeleke die ooreenstemmende tyd in 2018, ‘n produksie-afname van 7%. Daar moet kennis geneem word dat kopers vandag besonder goed gekompeteer het by lotte met goeie lengte, styl en karakter. Dit moet gerusstellend wees vir boere wat byvoorbeeld met die koop van goeie ramme baie moeite en geld spandeer het. Die volgende veiling word eers op die 16de April net voor die Paas-reses, aangebied. Die veiling word in Port Elizabeth in die Sybokhaar Beurs aangebied. Hierdie verslag deur Pierre van der Vyver, Bestuurder: Sybokhaar


MARKET ANALYSIS

The 3rd mohair sale of the 2019 summer selling season was the first big sale of the season and the prices of the different categories settled in nicely. Competition amongst the different buyer houses remained fierce with good bidding on all lots. The only disappointment of the day was that the strong adults did not gain any advantage out of the weaker Rand and experienced some downward pressure. The highlight was, however, the good competition on the top end kids out of Europe. The seasonal record was broken several times on the sale, but at the end, it was the B-length, good style, 22.7-micron, 86.6% clean yield, summer kid of Stefan Steynberg from Aberdeen receiving the laurels for the seasonal best at R612.00/kg!

Today's sales analysis is as follows:  The price of kids increased by 2.5% with a market indicator of R426.02/kg and a 98% sale clearance; young goat hair decreased by 2.6% with a market indicator of R315.57/kg and a sale clearance of 99%. Adult mohair decreased by 4% with a market indicator of R236.87/kg  and 75% sold. This brought the overall sale clearance to 96% and the overall market indicator to R289.84/kg, which is a decrease of 2%.

OUTLOOK

The next sale will be even bigger and the two sale brokers were forced to move the closing date earlier to avoid making the sale too big and create a negative effect on the price, because of volume. This situation is temporary because we do not expect production to increase, actually the opposite is expected with the terrible drought still raging on. Even with the latest influx of mohair, the total for the season is still 7% down compared to 2018 at the corresponding time. It as very noteworthy on the sale that lots with good length and style and character experienced above normal interest from buyers. This must be very encouraging to farmers putting in the extra effort and money in buying good rams etc. The next sale will only be offered on the 16th of April, just before the Easter break. The sale will be conducted in Port Elizabeth at the Mohair Exchange. So reported by Pierre van der Vyver, Manager : Mohair.

Kliek hier om die volle verslag te lees

Deel met vriende    



Vorige Verslae

SYBOKHAARMARKVERSLAG / MOHAIR MARKET REPORT...


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG / MOHAIR MARKET REPORT...


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG / MOHAIR MARKET REPORT...


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG / MOHAIR MARKET REPORT...


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG / MOHAIR MARKET REPORT...


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG / MOHAIR MARKET REPORT...


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG / MOHAIR MARKET REPORT...


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG / MOHAIR MARKET REPORT...


Lees Meer

Korporatiewe Video

OVK Video
OVK Video
Lees Meer

Dokumente

Nuutste Dokumente
Nuutste Dokumente
Lees Meer

Kalender

Kalender
Kalender
Lees Meer

Tydskrif

OVK Nuus Maart 2019
OVK Nuus Maart 2019
Adverteer Hier Lees Meer