Mark Verslae

LEES GERUS ONS NUUTSTE VERSLAE
SYBOKHAARMARKVERSLAG / MOHAIR MARKET REPORT S1907

SYBOKHAARMARKVERSLAG / MOHAIR MARKET REPORT S1907

geplaas op 19:15 (GMT+2) Di., 18 Jun. 2019

Die laaste sybokhaarveiling van die 2019 somer verkoopseisoen het bevredigend verloop / The last mohair sale of the 2019 summer selling season performed satisfactory

MARKANALISE

Die laaste sybokhaarveiling van die 2019 somer verkoopseisoen het bevredigend verloop. ‘n Laaste veiling van ‘n seisoen het tradisioneel ‘n groter hoeveelheid swakker tipes wat die gemiddelde prys negatief beïnvloed. Die Rand het ook met bykans 3% versterk, maar het vergeleke die vorige veiling geen noemenswaardige invloed op die prys gehad nie. As jy egter die gemiddelde markaanwyser van die ooreenstemmende veiling van ‘n jaar gelede vergelyk met die huidige veiling, is daar baie stof tot dankbaarheid. Die markaanwyser het met meer as ‘n R100/kilogram verbeter, ‘n verbetering van 34%! Die beste prys van die dag teen R661.00/kg het gegaan aan Weeber Truter van Oudtshoorn. Die baal somer kleinbokkiehaar was ‘n B-lengte, goeie styl, 22.6-mikron, 87.5% skoonopbrengs baaltjie.

Vandag se veilingsanalise is as volg: Kleinbokkiehaar is onveranderd, met `n markaanwyser van R438,02/kg en 100% is verkoop; jongbokhaar daal met 3%, met `n markaanwyser van R312,60/kg en `n verkoopspersentasie van 100%. Grootbokhaar daal met 1%, met `n markaanwyser van R232,83/kg en 100% verkoop. Dit het die totale verkope op 100% te staan gebring met `n markaanwyser van R289.16/kg wat 'n daling van 1.3% is.

VOORUITSIGTE

Die algemene aanvraag na sybokhaar bly nog goed. In die komende winterseisoen word verwag dat die kwaliteit en hoeveelheid kan afneem as gevolg van die droogte. Die somer seisoen se aanbieding het almal in die bedryf verbaas met kwaliteit, aangesien die haar onder uiters moeilike toestande gekweek is. Die droogte woed nog steeds voort in groot dele van die produksiegebied. Almal sien uit na die Ermenegildo Zegna kompetisie-veiling wat die somerseisoen amptelik afsluit. Die 15 bale is die beste kwaliteit nog ooit aangebied en goeie pryse word verwag. Die eerste veiling van die winterseisoen word op 13 Augustus 2019 in Port Elizabeth aangebied. So berig Pierre van der Vyver, OVK Bestuurder: Sybokhaar.


MARKET ANALYSES

The last mohair sale of the 2019 summer selling season performed satisfactory. The Rand exchange rate strengthened with nearly 3%, but compared to the previous sale, it had little effect on price. The last sale of the season has traditionally more inferior lots on the sale, influencing the average price negatively. However, If you make a comparison with the corresponding sale of a year ago, there is a lot to be thankful for. The average indicator improved with more than a R100/kilogram, a 34% increase! The best price of the day was paid for a B-length, good style, 22.6-micron, 87.5% clean yield bale of summer kids at R661.00/kg. The bale was offered by Weeber Truter of Oudtshoorn.

Today's sales analysis is as follows: The price of kids is unchanged with a market indicator of R438,02/kg and a 100% sale clearance; young goat hair decreased by 3%, with an indicator of R312,60/kg and a sale clearance of 100%. Adult mohair decreased by 1%, with a market indicator of R232,83/kg and 100% sold. This brought the overall sale clearance to 100% and the overall market indicator to R289,16/kg, which is an decrease of 1.3%.

OUTLOOK

The general demand for mohair is still good. In the coming winter season, the quality will not be the same as the past summer season. Everybody is still amazed by the quality offering produced by the farmers under very difficult circumstances. In a large part of the producing area the drought is still ravaging on and will have an effect on production and quality. Everybody is looking forward to the Ermenegildo Zegna competition sale to close the season officially. The top 15 bales offered is the best ever quality and good prices are expected. The first sale of the winter season will be offered in Port Elizabeth on the 13th of August 2019. So reports Pierre van der Vyver, OVK Manager: Mohair.

Kliek hier om die volle verslag te lees

Deel met vriende    



Vorige Verslae

SYBOKHAARMARKVERSLAG / MOHAIR MARKET REPORT...


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG / MOHAIR MARKET REPORT...


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG / MOHAIR MARKET REPORT...


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG / MOHAIR MARKET REPORT...


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG / MOHAIR MARKET REPORT...


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG / MOHAIR MARKET REPORT...


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG / MOHAIR MARKET REPORT...


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG / MOHAIR MARKET REPORT...


Lees Meer

Korporatiewe Video

OVK Korporatiewe Video 2019
OVK Korporatiewe Video 2019
Lees Meer

Dokumente

Nuutste Dokumente
Nuutste Dokumente
Lees Meer

Kalender

Kalender
Kalender
Lees Meer

Tydskrif

OVK Nuus Junie 2019
OVK Nuus Junie 2019
Adverteer Hier Lees Meer