Mark Verslae

LEES GERUS ONS NUUTSTE VERSLAE
SYBOKHAARMARKVERSLAG / MOHAIR MARKET REPORT W1910

SYBOKHAARMARKVERSLAG / MOHAIR MARKET REPORT W1910

geplaas op 20:40 (GMT+2) Di., 13 Aug. 2019

Prysvlakke vergeleke dieselfde veiling aangebied in 2018, is aansienlik hoër vir kleinbokkkies / Price levels when compared to the corresponding sale of 2018 are considerably higher for kid mohair

MARKANALISE

Die eerste sybokhaarveiling van die 2019 winter verkoopseisoen is vandag, 13 Augustus 2019, in Port Elizabeth aangebied. Volgens tradisie vergelyk ons altyd die eerste winterveiling se resultate met die vorige jaar  se  winter veilingsresultate, omrede daar normaalweg groot kwaliteitsverskille tussen ‘n somer- en winterskeersel is en dit dus moeilik is om te kwoteer.  Die gemiddelde markaanwyser was R241.87/kg. Prysvlakke vergeleke dieselfde veiling aangebied in 2018, is aansienlik hoër vir kleinbokkkies; effens hoër vir jongbokke en aansienlik laer vir grootbokke.  Die beste prys van die dag het aan CMW PureCape Bins gegaan wat R483.10/kg  vir winter kleinbokkiehaar behaal het. Samil was die koper.

Vandag se veilingsanalise is as volg:  Kleinbokkiehaar styg met 13.1% met `n markaanwyser van R374.52/kg  en 95.2%  is verkoop;  jongbokhaar styg met 2.9% met `n markaanwyser van R284.10/kg en `n verkoop persentasie van 95.5%.  Grootbokhaar daal met 20.1% met `n markaanwyser van R208.97/kg en 95.1% verkoop. Dit het die totale verkope op 95.9% te staan gebring met `n markaanwyser van R241.87/kg wat 'n daling van 12.1% is.

MARKVOORUITSIGTE

Die vooruitsig vir die komende veiling is dat die pryse van grootbokhaar en dié van sterk jongbokhaar steeds onder druk gaan verkeer terwyl die van fyn jongbokhaar en winter kleinbokkiehaar onveranderd op huidige vlakke gaan verhandel. Die volgende veiling word in Port Elizabeth aangebied op 3 September 2019. So berig Etienne Bezuidenhout, OVK Sybokhaar Bestuurder.


MARKET ANALYSIS

The first sale of the 2019 winter season took place in Port Elizabeth today, 13 August 2019. According to tradition we compare the results of the current winter season with the previous winter seasons results. The winter season composition is not the same as the summer, so a direct comparison will also be wrong. The first sale of a season is always mixed qualities and difficult to quote. The average market indicator closed on R241.87/kg. Price levels when compared to the corresponding sale of 2018 are considerably higher for kid mohair, slightly lower for young goats and considerably lower for adults.  CMW PureCape Bins fetched the highest price of R483.10 today for winter kids. Samil was the buyer.

Today's sales analysis is as follows:  The price of kids increased by 13.1% with a market indicator of R374.52/kg and a 95.2% sale clearance; young goat hair increased by 2,9% with a market indicator of R284.10/kg and a sale clearance of 95.5%. Adult mohair decreased by 20.1% with a market indicator of R208.97/kg  and 95.1% sold. This brought the overall sale clearance to 95.9% and the overall market indicator to R241.87/kg which is a decrease of 12.1%.

MARKET OUTLOOK

It seems as if there will still be some pressure on adults and strong young goats whilst the fine young goat and winter kids will be unchanged and sell on current levels for the coming sale.  The next sale will be held in Port Elizabeth on the 3rd of September 2019. So reported by Etienne Bezuidenhout, OVK Mohair Manager.

Kliek hier om die volle verslag te lees

Deel met vriende    



Vorige Verslae

SYBOKHAARMARKVERSLAG / MOHAIR MARKET REPORT...


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG / MOHAIR MARKET REPORT...


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG / MOHAIR MARKET REPORT...


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG / MOHAIR MARKET REPORT...


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG / MOHAIR MARKET REPORT...


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG / MOHAIR MARKET REPORT...


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG / MOHAIR MARKET REPORT...


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG / MOHAIR MARKET REPORT...


Lees Meer

Korporatiewe Video

OVK Video
OVK Video
Lees Meer

Dokumente

Nuutste Dokumente
Nuutste Dokumente
Lees Meer

Kalender

Kalender
Kalender
Lees Meer

Tydskrif

OVK Nuus Junie 2019
OVK Nuus Junie 2019
Adverteer Hier Lees Meer