Meer Oor CMW

SAAM BEREIK ONS MEER

Welkom by CMW


CMW is die tuiste van die wêreld se grootste sybokhaar makelary, tesame met die tweede grootste wolmakelary in Suidelike Afrika en die snel groeiende eenstop vir alle lewendehawe verhandelings transaksies en dienste, ingesluit wild en plaaseiendomsverhandeling.

Bied sentrale pakhuise vir wol- en sybokhaarhantering. Alle geriewe is ten volle gemeganiseerd wat staafkode identifisering en hoë-digverpakking insluit. (Enigste ultra-hoë “multi-baal” verpakkingspers  in Afrika) Stoorruimte vir alle vesel met ten volle behouering geriewe.

Toegang vir enige koper tot CMW se eksklusiewe handelsmerke byvoorbeeld PURECAPE en CAPEMERINO.

Die kweker van wol en sybokhaar se direkte toegang tot die internasionale kopersforum, wat insluit eerstelynverwerkers en uitvoerders. Verskeie bemarkingsopsies is beskikbaar.

Die leier in Suidelike Afrika vir elektroniese aanlyn veilings vir Lewendehawe, wild, wol, sybokhaar en eiendomme.

Al die bostaande funksies word gerugsteun deur ‘n volledige tegniese (op die plaas) diens, stoet- skeer- en finansiëringsdiens.  





Ons Maatskappy


Cape Mohair and Wool het in 1993 ontstaan as 'n produsente-eienaarskap privaat maatskappy, SA Mohair Brokers Bpk handeldrywend as Cape Mohair and Wool. In 2002 is CMW Operations Edms Bpk , handeldrywend as CMW gestig met SA Mohair Brokers Ltd wat 'n 66 persent aandeel besit en Oos Vrystaat Kaap Bedryf Bpk wat 'n 34 persent aandeel verkry het. Gedurende die einde van 2004 het CMW in formaat met Sinethemba Mafama (Edms) Bpk 'n 49 persent aandeel verkry in 'n ten volle Agri-BEE maatskappy.

Oorspronklik van hoofsaaklik 'n bokhaar handelaar, het CMW sedertdien sy besigheid uitgebrei om ook wol en lewendehawe handel in te sluit sowel as veilings en wild.

In November 2013 het die aandeelhouers van SA Mohair Brokers Bpk besluit om ten volle by Oos Vrystaat Kaap Bedryf Bpk te integreer deur hulle oorblywende Brokers aandele te verkoop en/of ruil vir OVK aandele.  Die aandeelhouers het 'n keuse gehad van of kontant of aandele in Oos Vrystaat Kaap Bedryf Bpk.

Op 31 Augustus 2014 is CMW ingesluit as 'n divisie binne Oos Vrystaat Kaap Bedryf Beperk

CMW het gedurende 2015/2016, 76% van die nasionale bokhaarskeersel hanteer en is die tweede grootste wolhandelaar in Suid-Afrika.

CMW het sowat 440 personeellede indiens wat 'n kliëntebasis bedien (hoofsaaklik vee boere) van ver oor die 7,500.  





Korporatiewe Video

OVK Video
OVK Video
Lees Meer

Dokumente

Nuutste Dokumente
Nuutste Dokumente
Lees Meer

Kalender

Kalender
Kalender
Lees Meer

Tydskrif

OVK Nuus September 2017
OVK Nuus September 2017
Adverteer Hier Lees Meer