OVK Groep Lojaliteitskema

SAAM BEREIK ONS MEER

OVK Groep Lojaliteitskema


Die doel

Om produsente te beloon vir hul lojale ondersteuning by wyse van ’n lojaliteitsvoordeel wat omgeskakel word in OVK aandele met voordele oor die langtermyn.


Hoe werk dit?

  • Bona fide-boere ontvang maandeliks ’n lojaliteitsvoordeel op die bruto wins bedrag van hul besigheid met OVK gedoen.
  • U aandeelhouerslening (Leningsrekening A) word met hierdie voordeel gekrediteer.
  • Die geld in leningsrekening A, word maandeliks aangewend om OVK Beherend- en / of OVK Bedryf-aandele vir bona fide-boere aan te koop.
  • Binne drie maande vandat die lojaliteitsvoordeel op leningsrekening A ontvang is, word hierdie geld omgeskakel in OVK aandele.


Wat maak die skema uniek?

Kliënte verkry onmiddellik volle eienaarskap van die OVK aan- dele wat uit hierdie lojaiteitskema verdien word. Daar rus geen verpligting op kliënte om die aandele te behou nie. Hierdie aandele is beskikbaar vir onmiddellike verhandeling.

Verhandeling (koop of verkoop) kan elektronies op die OVK webtuiste www.ovk.co.za – gedoen word.

Indien u nie toegang tot internet het nie, kan u Maandag tot Vrydag, 08h00 tot 17h00, die landlyn 051 923 4723 skakel, waar u dan van die nodige hulp voorsien sal word.


Drie-ledige voordeel:

  • Ontvang lojaliteitsvoordeel op aankope gedurende die maand – die geldwaarde hiervan word toegeken en verskyn elke maand op u staat.
  • Verkry voordeel by wyse van die groei in waarde wat die aandele gedurende die finansiële jaar toon.
  • Dividende per getal aandele wat die lid op jaareinde besit, word uitbetaal.


Transaksies waarop voordeel verdien word:

  • CMW - lewering van wol en sybokhaar
  • Diesel - aankope
  • Gariep Abattoir - lewering van skape en beeste
  • Graan - lewering, berging en bemarking
  • Handel - aankope (by handelstakke asook direkte aankope via OVK handelstakke)
  • Lewendehawe - uit-die-hand verhandelings en veilings
  • Toyota-agentskappe (Ladybrand en Ficksburg)
  • Versekering

Winter sybokhaar verkope versterk 14% in 2017


Winter sybokhaar verkope versterk 14% in 2017

Lees Meer

Plaasveiligheid is ‘n gedeelde verantwoordelikheid


Plaasveiligheid is ‘n gedeelde verantwoordelikheid

Lees Meer

Verwagte produksie vir koring is 4,5% minder as vorige skatting


Verwagte produksie vir koring is 4,5% minder as vorige skatting

Lees Meer

Gaan jy meer vir brandstof in Desember betaal?


Gaan jy meer vir brandstof in Desember betaal?

Lees Meer

La Nina toestande ontwikkel nou


La Nina toestande ontwikkel nou

Lees Meer

Korporatiewe Video

OVK Video
OVK Video
Lees Meer

Dokumente

Nuutste Dokumente
Nuutste Dokumente
Lees Meer

Kalender

Kalender
Kalender
Lees Meer

Tydskrif

OVK Nuus Desember 2017
OVK Nuus Desember 2017
Adverteer Hier Lees Meer