Vag Toetse

LEES MEER OOR ONS PRODUKTE EN DIENSTE

CMW het homself gevestig as leier op die gebied as dit kom by die toetsing van sybokhaar- en wolvagte in die hele Suidelike Afrika. CMW se vagtoets-laboratorium is in 2002 gevestig met behulp van die OFDA 2000 tegnologie en is een van slegs twee diesulke gelisensieerde instansies in Suid-Afrika. Die woord OFDA staan vir “Optical Fibre Diameter Analysis”. Ofskoon hierdie tegnologie, wat wol betref, alreeds gevestig is  in ‘n land soos Australië, is die tegnologie splinternuut vir sybokhaar. Vir CMW  het Klaas Kritzinger en die LOI Grootfontein in Middelburg,  Dr Greta Snyman, baanbrekerswerk verrig ten einde die tegnologie in werking te stel vir sybokhaar en tans word die laboratorium beskou as wêreldleier op die gebied.

Die tegnologie is by uitstek geskik vir sybokhaar waar groot prysverskille tussen mikrons die norm is. Die voordeel van akkuraat getoetste vagte vir fynheid speel dus ‘n kritieke rol vanweë die groot prysverskille  in die mark tussen verskillende fynhede. ‘n Verdere voordeel is dat dit help om ‘n lot of baal so egalig moontlik te kry. Alle sybokhaarskeersels wat rekordpryse behaal, pas die tegnologie toe en daar is geen twyfel oor die finansiële voordele daaraan verbonde nie. Die toets van ramme vir die vestiging van ‘n teelbeleid speel ook ‘n belangrike rol in die aanvraag na hierdie diens.

Besonderhede van die stelsel en die metodiek is op aanvraag beskikbaar by Pierre van der Vyver vir sybokhaar en Gert Erasmus vir wol by 041- 406 7500.      



WÊRELD REKORDPRYS VIR SYBOKHAAR


WÊRELD REKORDPRYS VIR SYBOKHAAR

Lees Meer

WORLD-RECORD PRICE FOR MOHAIR


WORLD-RECORD PRICE FOR MOHAIR

Lees Meer

Wurms: Hulle beheer moet goed beplan word!


Wurms: Hulle beheer moet goed beplan word!

Lees Meer

NASIONALE PRYSREKORD VIR SYBOKHAARSKEERSEL


NASIONALE PRYSREKORD VIR SYBOKHAARSKEERSEL

Lees Meer

NATIONAL PRICE-RECORD FOR MOHAIR CLIP


NATIONAL PRICE-RECORD FOR MOHAIR CLIP

Lees Meer

Korporatiewe Video

OVK Video
OVK Video
Lees Meer

Dokumente

Nuutste Dokumente
Nuutste Dokumente
Lees Meer

Kalender

Kalender
Kalender
Lees Meer

Tydskrif

OVK Nuus Maart 2018
OVK Nuus Maart 2018
Adverteer Hier Lees Meer